Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

TUNA-en-FETA SLAAI

By Leanda Retief
TUNA-en-FETA SLAAI picture

'n Eenvoudige Tuna Slaai, opgedress met 'n Griekse Slaai-geurtjie. Hierdie is een van my gunsteling slaaie in die somer - die olywe en feta gaan baie goed saam met die tuna. (Ek meng gewoonlik mayonnaise by die slaai, ipv 1000 Island.)

100 g blaarslaai
10 ml olyf olie
5 klein grasuie, fyn gekap
100 g roma-tamaties
200 g fetakaas, in blokkies gesny
180g-blikkie soliede tuna
30 g swart olywe
* LowCarb 1000 Island Slaaisous, opsioneel

Was die blaarslaai en sny in repe. Sit die blaarslaai in ‘n bak en sprinkel ’n bietjie olyfolie oor. Meng goed. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Sprinkel die slaaisous oor net voor opdiening.
5 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp