Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

TUNA-en-KAAS OMELET

By ©️ Leanda C. Retief
TUNA-en-KAAS OMELET picture

2 eiers

30 ml room

90 g tuna

30 ml mayonnaise

30 g botter

60 g cheddar, gerasper

15 ml parmessaan, gerasper (opsioneel)

sout en peper na smaak

droë pietersielie

 

Klits die eiers en room saam met ‘n draadklitser en laat eenkant. Meng die tuna met die mayonnaise in ‘n aparte bakkie en laat eenkant. Smelt die botter in ‘n pan en gooi die eiermengsel daarin. Bedek en bak tot die omelet amper gaar is. Geur na smaak met sout en peper. Sprinkel die parmessaan oor die omelet en gooi die cheddar bo-op die een helfte van die omelet. Bedek weer en bak tot die omelet heeltemal gaar is en die kaas gesmelt is. Skep die tunamengsel bo op die helfte van die omelet en vou dit toe. Sprinkel met ‘n knippie droë pietersielie en dien dadelik op.

1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 1.5g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp