Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

TUNA KASSEROL

By ©️ Leanda C. Retief
TUNA KASSEROL picture

Hierdie is 'n tweak van 'n baie lekker tunaresep wat ek al vir baie jare maak. Die oorspronklike resep vra vir witrys, maar ons vervang dit met blomkool rys in hierdie resep.

250 g gerysde blomkool, gaargemaak en gedreineer
2 x blikkies tuna (170g elk), gedreineer
100 g uie, fyn gekap
50 g rooi soetrissie, fyn gekap
60 ml mayonnaise
2 eiers
200 g cheddar, gerasper

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit 'n vierkantige oondvaste bak. Meng die blomkool, tuna, uie en soetrissie versigtig deur (jy wil nie met 'n pappery opeindig nie!). Meng die mayonnaise en eiers saam, roer dit by die tunamengsel in. Skep die mengsel uit in die bak en sprinkel die kaas bo-oor. Bak vir ongeveer 30 minute, of tot die gereg deurgaar is en die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.6g
(c) Leanda C Retief
Die LowCarb Kombuis

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp