Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

VALENTYN CHARCUTERIE BORD

By Leanda Retief
VALENTYN CHARCUTERIE BORD picture

💕 Valentynsdag 2024 Resepte - Ligte Etes

‘n Charcuterie Bord verwys basies na ‘n bord waarop allerhande lekkernye uitgepak word. Dit is ‘n spesifieke term wat sy oorsprong in 15de eeuse Frankryk het en dit beteken letterlik “die produkte van ‘n deftige vark slagter”. En alhoewel hierdie tipe borde dikwels varkvleis bevat, word dit deesdae met allerhande lekkernye volgepak wat met die hand geëet kan word – veral deli vleise, kaas, konfyt en ander souse. Nou vir hierdie Charcuterie Bord gebruik ons nie enige hoeveelhede nie (dus word die Net Carb-inhoud ook nie aangedui nie), maar ek gaan vir julle ‘n lys LowCarb-toelaatbare kosse gee wat julle op die bord kan uitpak.

  • Gesoute amandels/pekanneute
  • Suikervrye konfyt (soos framboos of aarbei)
  • Uie konfyt of atjar
  • Suikervrye Picallili
  • Suikervrye Blatjang
  • Granaat saadjies
  • Vars bessies – soos aarbei, frambose, bosbessies
  • Kaas – soos mozzarella, gouda, cheddar, brie
  • LowCarb Kraakbeskuitjies
  • Deli Vleise – soos chorizo, salami stokkies, parma/country ham, salami skyfies
  • Vleis – soos gebraaide hoender repies, steak repies of mini sosaties
  • Vis – soos gerookte salm, snoek of tuna paté
Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp