Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

VARK TJOPS MET GEKARAMELISEERDE UIE

By ©️ Leanda C. Retief
VARK TJOPS MET GEKARAMELISEERDE UIE picture

30 g botter
100 g streep spek, fyn gekap
250 g uie, in ringetjies gesny
sout en peper na smaak
4 varktjops (ongeveer 100 g elk)
100 ml hoender aftreksel
60 ml room

Smelt die botter in 'n groot braaipan. Braai die spek tot gaar en bros. Skep met 'n gaatjieslepel uit - hou so veel as moontlik van die vet in die pan. Voeg die uie by en geur met sout en peper. Braai die uie vir ongeveer 20 minute tot die uie goudbruin en sag is. Voeg die uie by die spek en laat eenkant. Geur die tjops met sout en peper. Verhoog die hitte en braai die tjops vir 5 minute aan die een kant, draai om en braai vir nog 5 minute aan die ander kant tot goudbruin. Voeg 'n klein bietjie water by die tjops in die pan, bedek en stoom die tjops tot gaar (jy kan nog water bygooi soos nodig, maar slegs bietjie-bietjie (as jy te veel bygooi gaan die tjops gaar kook in plaas van stoom). Verwyder die tjops uit die pan en bedek met 'n stuk tinfoelie. Gooi die aftreksel in die pan en skraap alle bruin stukkies van die bodem van die pan af. Gooi die room by en prut stadig vir 3 minute tot die sous verdik. Voeg die uiemengsel by en roer deur. Verdeel die uiemengsel tussen die 4 tjops voor opdiening. 
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp