Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

VARK TJOPS MET MOSTERD SOUS

By ©️ Leanda C. Retief
VARK TJOPS MET MOSTERD SOUS picture

45 ml olie
4 varktjops (750 g in totaal)
sout en varsgemaalde swart peper
100 g uie, fyn gekap
125 ml droë rooi wyn
30 ml room
15 ml Dijon mosterd

Verhit 30ml van die olie in ‘n braaipan. Geur die varktjops aan albei kante met sout en peper na smaak. Braai die tjops vir 5 minute aan elke kant tot goudbruin en amper gaar. Verwyder uit die pan. Gooi die oorblywende 15ml olie in die pan en braai die uie tot goudbruin en sag. Voeg die rooi wyn, room en mosterd by. Verlaag die hitte, plaas die tjops terug in die pan en bedek. Prut oor lae hitte vir 30 minute tot die varktjops gaar is. Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp