Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

VINNIGE AARBEI (of BESSIE) KONFYT

By Leanda Retief
VINNIGE AARBEI (of BESSIE) KONFYT picture

Wanneer dit bessie-tyd is, is die goeie nuus dat LowCarbers kan en mag so bietjie aarbei/bessie-toelaatbare konfyt inneem! Hierdie resep is heeltemal geskik vir LowCarb - maar onthou, aarbeie/bessies is nog steeds hoog in koolhidrate, so hou die porsies klein! Hierdie konfyt is heerlik op LowCarb brood, wafels, plaatkoekies en selfs roomys!

200 g aarbeie
15 ml suurlemoen sap
15 ml xylitol, of na amaak
7,5 ml gelatien
15 ml water

Was die aarbeie en sny in stukkies. Plaas die aarbeie, suurlemoen sap en xylitol in 'n kastrolletjie en verhit oor medium hitte. Roerkook vir ongeveer 15 minute. Druk die aarbeie fyner met 'n aartappeldrukker. Voeg nog xylitol by, indien verkies, en roer tot dit opgelos is. Meng die gelatien en water in 'n koppie, gooi dit by die aarbeie en roer goed. Verwyder van die hitte en gooi die konfyyt in 'n skoon glasfles. Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas dan in die yskas vir ten minste drie ure voor opdiening.
16 Porsies * Per Porsie * 21kJ * Net Carbs 0.7g

Leanda se LowCarb Wenk:
Hierdie konfyt hou ongeveer 1 week in die yskas.
Jy kan ander tipe bessies (soos bloubessies, frambose of swartbessies - onthou, hulle voedinganalise verskil van aarbeie, dus kan die Net Carbs meer of minder wees) ook gebruik in plaas van aarbeie.
Hierdie resep lewer ongeveer 16 porsies van 15ml (1 eetlepel) elk.

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp