Moenie 'n fout maak nie - kopkool is redelik vullend, baie gesond en baie laag in koolhidrate. Hierdie is actually een van my gunsteling soppe - dit is 'n baie goeie alternatief vir koolbredie op 'n LowCarb Dieet. Hierdie sop vries goed.
15 ml klapper olie
400 g kopkool, fyn gekerf
100 g uie, fyn gekap
500 g bees maalvleis
400 g-blik gekapte tamaties
750 ml bees aftreksel
sout en peper na smaak
5 ml paprika
15 ml droë origanum
Verhit die olie in 'n kastrol en braai die kool, uie en maalvleis daarin tot die maalvleis gaar is. Gooi nou die tamaties en aftreksel bo-oor, bedek en prut oor lae hitte vir ongeveer 30-45 minute, of tot die groente sag is. Geur na smaak met sout en peper, roer die paprika en origanum by. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.2g