Hierdie resep is wonderlik vir daardie oggende wat almal ontbyt soek, maar jy eerder tyd met jou familie wil spandeer as om voor die stoof testaan. Een twee drie en die gereg maak homselfgaar.
30ml olie
100 g kersie tamaties
120 g sampioene
250 g vark worsies
200 g spek
4 eiers
droë orginanum na smaak
sout en peper na smaak
Verf 'n klein bakplaat ('n rolkoekpan is ideaal hiervoor) met olie. Halveer die kersie tamaties en sampioene. Plaas die vark worsies, spek en tamatie op die bakplaat en bak teen 180°C vir 25 minute. Verwyder uit die oond en skuif die worsies en spek eentkant toe sodat daar 4 spasies vir die eiers oop is. Breek die eiers versigting in die spasies en sprinkel met origanum, sout en peper na smaak. Plaas terug in die oond en bak vir ongeveer 10 minute, of tot die eiers na jou smaak gaar is. Bedien dadelik.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.0g
🍳 365 LowCarb Ontbyt vir 'n Jaar bestaan uit uitgewerkte en uitruilbare maandelikse spyskaarte (Januarie tot Desember), plus al die Resepte wat in die Spyskaarte gebruik word - alles van Eiers tot Ontbytpap/Muesli, Beskuit en Smoothies. Jy hoef nooit weer te wonder wat om vir ontbyt te eet nie!
Vind meer inligting hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/365-lowcarb-ontbyt-vir-n-jaar/