Suikervrye/LowCarb speserye en geurmiddels is dikwels problematies, want meeste hiervan bevat of suiker, of koolhidraat-vullers. Dit is maar altyd beter om jou eie te maak, dan weet jy wat in die produk is. Hierdie is een van my gunstelinge vir gebraaide hoender.
15 ml knoffel poeier
30 ml varsgemaalde swart peper
15 ml sout/pienk sout
15 ml mosterd poeier
15 ml rissie poeier, of na smaak (opsioneel)
15 ml fyn komyn
15 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak (opsioneel)
60 ml paprika, verkieslik gerook
2,5 ml droë origanum
Meng alles saam en bêre in 'n skoon flessie. Vryf die hoender (of ander vleis/vis) deeglik daarmee in voor dit gebraai word.
Die LowCarb Kombuis het 'n hele resepteboek wat slegs oor Speserye, Kruie en Souse gaan - alles LowCarb en suikervry.
Loer daarna hier: https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-geurmiddels-en-souse/