LowCarb Chaffles - makliker en goedkoper kry jy nie, en dit is 'n uitstekende plaasvervanger vir brood.
1 eier
30 ml (2 E) amandel meel
15 ml (1 E) mayonnaise
1.5 ml bakpoeier
5 ml (1 t) water
knippie sout
Voorverhit ‘n wafelmaker. Klits die eier, voeg die meel, mayonnaise, bakpoeier, water en sout by en meng goed. Skep die deeg in die wafelmaker uit en bak tot gaar en bros. Laat vir ‘n paar minute lank afkoel en lig dan versigtig uit.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.7g