Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
5 JAAR VAN DIE LOWCARB KOMBUIS On Sale

5 JAAR VAN DIE LOWCARB KOMBUIS

R 50 Sale R 200

Die LowCarb Kombuis se Facebookblad is op 2 April 2014 gestig - nadat ek self baie gewig op 'n LowCarb Dieet verloor het, wou ek wat ek geleer het en eet, met ander deel. Om koolhidrate te sny, is nie so moeilik soos wat mense dink nie - en terwyl jy koolhidrate sny, kan jy ook vrek lekker eet! Na al die jare het Die LowCarb Kombuis dit bewys - meer as 800 Resepte is in die eerste 5 jaar op die LowCarb Kombuis se Facebookblad geplaas en die blad het gegroei na net onder 55000 lede - en al daardie Resepte word nou vrygestel in een, gemaklike bundel. Hierdie bundel is die LowCarb Kombuis se grootste versameling resepte ooit in EEN boek (die vorige een was 500 LowCarb Resepte in 2016) - en as jy dink dat jy nooit genoeg LowCarbresepte kan hê nie, is hierdie bundel net vir jou. Dit maak ook die ideale geskenk vir 'n LowCarber in jou lewe, want 'n groter versameling, goedkoop LowCarb Resepte bestaan net nie. En die added bonus is - dit gaan teen 'n super lae prys beskikbaar wees! Jy kon natuurlik self gesit en al die jare se Resepte van die LowCarb Kombuis se blad aftrek, maar ek het nou al die werk klaar gedoen - en dit is alles gemaklik beskikbaar in een boek.

5 Jaar van Die LowCarb Kombuis bestaan uit:

Inleidende Hoofstukke oor 'n LowCarb Dieet - wat om te eet en nie te eet nie, wenke en ander interessanthede.
100e Resepte - meer as 800 Resepte is tussen 2014 en 2018 op die Facebookblad geplaas, en al hierdie Resepte is in hierdie eBoek versameling vervat - en behalwe vir die Jaarboeke, het meeste van hierdie Resepte nie in enige ander Resepteboeke verskyn nie. Volkleurfoto's word deur die boek versprei en elke Resep bevat 'n volledige voedingsanalise (Kilojoules, Fat, Protein, Total Carbs en Net Carbs). Resepte is in al die groot kategorieë ingedeel, en 'n Resepte Indeks word agter in die Resepteboek verskaf vir maklike opkyk van Resepte.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp