Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
500 LowCarb Resepte - Leanda C Retief On Sale

500 LowCarb Resepte - Leanda C Retief

R 100 Sale R 250

Met meer as 70 LowCarb Resepteboeke agter my naam, is dit maklik om 'n ware juweeltjie tussen die lot raak te sien - en hierdie Resepteboek is beslis een wat die meeste blink. Ek het nou die dag na 'n spesifieke resep gaan soek, en het weer deur die eBoek gegaan - en weereens besef watter fantastiese bron hierdie eBoek vir LowCarbers is.
Baie mense noem 500 LowCarb Resepte die BESTE LowCarb Resepteboek OOIT! En die hoofrede? Dit gee jou MEER Resepte vir BAIE MINDER. 500 is die eerste eBoek in die "budget reeks" - met die uitsluitlike doel om 'n wye reeks resepte (in hierdie geval 500) vir 'n fraksie van die prys beskikbaar te stel.

Rede 1: Die Prys
Die eBoek is BAIE BEKOSTIGBAAR, aangesien dit slegs EEN BOEK is – en bevat die hoeveelheid resepte wat jy in 3-4 van die LowCarb eBoeke sal vind. Jy betaal dus nie vir 3-4 individuele boeke nie, maar slegs EEN – en teen ‘n baie bekostigbare prys daarby.

Rede 2: Die Groot Verskeidenheid en Hoeveelheid Resepte
Dit bevat 500 van die beste, vinnigste en smaaklikste LowCarb Resepte. Elke resep het ‘n volledige voedingsanalise – sodat jy presies kan sien wat jy eet en wat die voedingswaarde daarvan is. Dit maak hierdie versameling ideaal vir verslankers en/of diabete wat hulle koolhidraat-inname moet dophou. Die resepte in hierdie eBoek gebruik bekostigbare en algemeen-beskikbare bestanddele.
R
ede 3: Alles in Een Gids
Saam met die Resepte, sluit die eBoek sluit inligting oor die LowCarb Dieet in (soos wat jy kan en nie kan eet nie), sowel as die splinternuwe Groen, Oranje en Rooi Voedsellyste. Omdat die eBoek in PDF formaat is, kan die Voedsellyste uitgeprint word en teen die yskas vasgesit word.

Rede 4: Gemak
Omdat dit slegs EEN eBOEK is, is dit baie gemakliker om te gebruik – jy kan hierdie boek op jou selfoon, rekenaar of tablet hou en hoef nie verskillende eBoeke te raadpleeg wanneer jy inkopies doen of besluit wat jy vir ete gaan maak nie. Jy kan resepte uitprint soos wat jy dit wil gebruik.

Dit alles in ag genome, is dit heel moontlik die ENIGSTE omvattende LowCarb Resepteboek wat jy ooit sal nodig kry!
Hierdie eBoek is ideaal vir LowCarb beginners, en LowCarbers op ‘n begroting en mense wat hulle LowCarb Dieet en maaltyd-beplanning 'n bietjie minder gekompliseerd wil maak. Alle Resepte is gluten-vry en geskik vir diabete en verslankers.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp