Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

CHALLENGE 2024 PAKKET 4 - 3 MAAND CHALLENGER DELUXE

R 750 Sale R 990

Kersfees en Nuwe Jaar is nou oor, die vakansie is amper verby 
- en nou is dit tyd dat ons begin fokus en na ons gesondheid kyk...
So of jy gewig wil verloor, jou bloedsuiker wil stabiliseer of net jou algehele gesondheid wil verbeter - kyk nie verder as hierdie baie bekostigbare Gewigsverliesprogram nie!

Voor ek jou meer van die Januarie 2024 LowCarb Challenge vertel:
1.  Ons Challenge Rekord vir 2023 staan op 12.7kg oor 25 Dae (met 5 Dae Skokterapie ingesluit) - kan jy die rekord breek? Kan jy bekostig om nie te probeer nie?
2.  Die Challenge is een van die bitter min programme wat 'n 100% SUKSESSYFER het - dit beteken dat elke liewe lid wat vir 'n Challenge ingeskryf het, MINDER geweeg het na die Challenge, as die dag wat hy/sy ingeskryf het.
3. DRIE GELUKKIGE CHALLENGERS gaan die einde van sy/haar Challenge, sy/haar volle Challenge fooie terugwen as 'n spesiale prys - dus KAN jy hierdie Challenge doen, gewig verloor en nog 'n refund kry ook daarop!

Die LowCarb Challenges help mense al sedert April 2018 om die oorgang vanaf 'n HighCarb na LowCarb Leefstyl te maak, gewig te verloor en hulle gesondheid te verbeter. Ek glo die hoofrede vir die sukses van die Challenges is die ONDERSTEUNING - hulp en leiding wat in groepsverband gegee word deur die eksklusiewe Challenge Whatsapp Groep. Dit is een ding om 'n dieet of boek aan te koop, maar iets heeltemal anders om dit te volg - en veral op jou eie. Challengers bemoedig mekaar, gee wenke, deel resepte en idees vir etes - jy word nie net 'n Dieet in die hand gestop en op jou eie gelos nie. Hier vat ons jou hand en lei jou elke stappie van die pad.

💕 So hoe werk die Challenge?
Die eerste Challenge van 2024 begin op Vrydag, 5 Januarie 2024.
Ons begin met 'n (opsionele) 3 Dag Detoks - dws ons Detoks Vrydag, Saterdag en Sondag.
Die Challenge begin AMPTELIK op Maandag, 8 Januarie 2024.
Die Detoks-Dokument (met instruksies en resepte) is opsioneel, dws jy hoef dit nie te volg nie. Die Detoks is ontwerp om jou liggaam van koolhidrate te "reinig" en dit werk uitstekend. Die Detoks is slegs met sekere pakkette van die Challenge beskikbaar. 
Die LowCarb Challenge is basies 'n 1 maand/31 dae gewigsverlies uitdaging - deur die uitgewerkte Challenge Dieetplan te gebruik, met ondersteuning in groepsverband. Ons weeg twee keer per week om julle vordering te monitor, op Maandae en Donderdae.
Die enigste vereiste om aan die Challenge deel te neem, is dat jy die ten minste die LowCarb Challenge Pakket moet aankoop. Die rede hiervoor is omdat ons die uitgewerkte Spyskaart gebruik, dikwels resepte bespreek, uitruilings doen - en mense wat nie die Dieetplan het nie, is nie altyd by met wat aangaan nie. Verder, die Dieetplan maak die Challenge MAKLIK, en hoe makliker, hoe makliker is dit om die Challenge vol te hou en suksesvol te wees. 

Dan, neem ook asseblief kennis van die volgende:
1. Daar is slegs plek vir 20 NUWE Challengers op die Januarie Challenge. Een van die voordele van vorige Challenge lidmaatskap, is dat jy outomaties plek het op enige toekomstige Challenges, so 2023 se Challengers het outomaties plek op die Januarie Challenge. As jy egter nie vantevore aan 'n Challenge deelgeneem het nie, sal jy moet gou spring - plekke raak vinnig vol, veral vir die eerste Challenge van die jaar. (Ek kan ongelukkig nie plekke reserveer nie - vorige Challenges het my geleer dat mense gou is om te reserveer, maar stadig is om in te skryf - en dit weerhou weer 'n plekkie van iemand wat baie graag wil gewig verloor en gemotiveerd was om dit te doen. Dit werk op 'n first come, first serve beginsel - die eerste 20 inskrywings wat ek kry word ingeskryf vir die Januarie Challenge.)  
2. Challenge Materiaal. Wanneer jy vir die Challenge inskryf, ontvang jy 'n aantal belangrike dokumente en hulpmiddels om jou hiermee te help - soos Dieet Dagboeke, inligting oor maters en gewig, oefeninge en 'n Carb Counter. Sien asseblief hieronder by PAKKETTE watter inligting jy op watter pakkette ontvang.
3. Ons gaan in 2024 slegs 'n Whatsapp Groep he vir die deel van addisionele inligting en resepte. 
4. Hierdie Challenge is nie gratis nie - sien Challenge pakketfooie verder af in hierdie email. Ek kan ongelukkig nie die Challenge gratis maak nie, want ek het geleer dat wanneer mense iets gratis ontvang, hulle gou hulle motivering verloor - en wanneer mense vir iets betaal, is daar 'n groter kans van sukses omdat mense nie hulle "geld wil mors nie". Verder gaan daar ook heelwat administrasiewerk en van my tyd in enige Challenge in - daar is gewigte om te log en vrae om te antwoord, resep uitruilings om te doen en nog vele meer, die bestuur van die Whatsapp Groep, ens. As jy die Challenge-fooi vergelyk met ander soortgelyke challenges, diëte of selfs quick fix-doepa's is dit regtig nie so baie nie - en veral nie vir iets wat beslis gaan werk nie.

Hulp en ondersteuning - Elke stappie van die pad
Die Challenge het sy eie email adres - [email protected]
Ek is ook op my selfoon beskikbaar - 061 518 0246 
Daar is 'n whatsapp-ondersteunersgroepie met aktiewe lede wat mekaar ondersteun en moed inpraat. Jy kan op hierdie groepie bly solank soos wat jy wil, afhangende van die pakket wat jy kies. Challenge-lede kom en gaan, maar die groepie bly aktief. Ons het al lekker gesels, heerlik gelag en fantastiese resepte uitgeruil en ons pogings gedeel. 
Die idee is dat ons vir 31 dae lank daar gaan wees vir mekaar, mekaar gaan ondersteun en help om hierdie Challenge suksesvol af te handel en die maksimum gewig verloor.
 

DIE 3 MAAND EXTENDED CHALLENGER SLUIT IN:
Hierdie pakket is presies dieselfde as die 1 Maand Deluxe Pakket, behalwe dat jy spaar as jy vir DRIE MAANDE (dws Januarie, Februarie en Maart) aansluit. 
Jy ontvang die volgende met hierdie Pakket:
* Die Challenge Inligting in die vorm van die Challenge Handleiding, Inleiding (hoe LowCarb werk, wat jy mag en nie mag eet nie, voedingsanalises en voedsellyste)
* Die Challenge Spyskaart met Resepte vir 50 Dae
* Die LowCarb RegRuk Detoks - reinig jou liggaam van die koolhidrate in slegs 3 dae en verseker maksimum gewigsverlies op die Challenge.
* LowCarb Skokterapie - uitgewerkte Spyskaart vir 3-5 Dae, waarmee ons die Challenge eindig.
* Tuisoefenprogram
* Enige addisionele inligting wat tydens die Challenge gedeel mag word.

Hoe gouer jy inskryf, hoe gouer kan jy jou lewe begin verander!
Onthou, plekke is BAIE BEPERK en gaan BAIE GOU VOL RAAK!
Sluitingsdatum vir die Januarie 2024 Challenge is Donderdag, 4 Januarie 2024.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp