Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
Die LowCarb BACON-BOEK On Sale
Die LowCarb BACON-BOEK

Die LowCarb BACON-BOEK

R 175 Sale R 300

Julle mag dalk wonder waarom ek besluit het om 'n hele Resepteboek oor SPEK te doen. Die idee vir hierdie Resepteboek het by my oudste ontstaan - Erik is 20 en hy begin my al ore in die kombuis aansit... En hy is exceptionally lief vir spek!

Maar dan, baie LowCarbers beskou spek as 'n tipe stapelvoedsel - en met goeie rede: Dis (redelik) goedkoop, dis 'n goeie bron van proteiene, dit is veelsydig - mens kan soveel meer daarmee doen as net saam met eiers vir ontbyt opdien! En dit het my laat dink - wat van 'n Resepteboek net oor spek? Van wenke tot gaarmaakmetodes tot resepte. En was hierdie Resepteboek 'n fees om te skryf! Ek glo dat hierdie Resepteboek 'n aanwins in enige LowCarber se kombuis sal wees! Spek was nog nooit so great nie!

Die LowCarb Bacon-Boek bestaan uit:
Inleidende Hoofstukke oor 'n LowCarb Dieet - wat om te eet en nie te eet nie, wenke en ander interessasnthede.
Alles oor Spek - van voedingswaarde tot gaarmaakmetodes, wenke tot suiker/kuur metodes en hoe dit 'n LowCarb Dieet beinvloed

Plus die RESEPTE:
Van ONTBYTGEREGTE - en glo my, daar is baie meer as net roereiers en omelette in hierdie afdeling!
Tot BROODJIES EN ANDER GEBAK - koppie broodjies, groot brode, pannekoek, plaatkoekies, skons en baie meer!
SOUTTERTE/QUICHE - van korslose quiche/soutterte, tot met korse, mini tertjies en fritattas
SLAAIE
GROENTE/BYGEREGTE
HOOFGEREGTE- enige iets met spek, van hoender, vis/seekos en past
HAPPIES - met enige iets van sushi tot frikkadelletjies, spek biltong en spek chips
SOUSE EN DIPS

Volkleurfoto's word deur die boek versprei en elke Resep bevat 'n volledige voedingsanalise (Kilojoules, Fat, Protein, Total Carbs en Net Carbs). Resepte is in al die groot kategorieë ingedeel, en 'n Resepte Indeks word agter in die Resepteboek verskaf vir maklike opkyk van Resepte.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp