Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
Die LowCarb BROODBOEK On Sale

Die LowCarb BROODBOEK

R 225 Sale R 350

Ek het meer as 70 LowCarb Resepteboeke geskryf - en van almal, is Die Broodboek my gunsteling. Dit was 'n totale avontuur om die inligting in hierdie boek na te vors, resepte te toets en 'n pragtige en omvattende gids oor Brood vir LowCarbers te lewer. Hierdie boek is 'n moet vir enige iemand wat brood mis, maar nie met die hoë hoeveelheid koolhidrate wat in winkelbrood is, kan deal nie. Ook ideaal vir mense wat gereeld kos inpak skool/werk toe. As dit iets met BROOD te doen het, sal jy dit in hierdie Resepteboek vind!

Die Broodboek bestaan uit die volgende Hoofstukke:

Hoofstuk 1: ALLES OOR LowCARB - Hierdie hoofstuk vertel jou meer van die LowCarb Dieet, hoe dit werk en hoekom dit werk.
Hoofstuk 2: DIE LowCarb DIEET - Vind uit presies wat jy kan eet en nie kan eet nie.
Hoofstuk 3: ALLES OOR LowCarb BESTANDDELE - Hierdie hoofstuk is propvol informasie oor die LowCarb Bestanddele wat ons gebruik om LowCarb Brood te bak - van die verskillende soorte meel, en ander byvoegings (soos xanthan gum, proteienpoeiers, kollageenpoeier, hoe om gluten in die resepte te vervang, ens.) Dit sluit ook 'n handige afdeling oor LowCarb Bakmengsels in - meng jou mele voor die tyd om die beste bakmengsels te maak vir vinnige broodbak.
Hoofstuk 4: LowCarb BROOD - ALGEMENE BAKWENKE - Hierdie hoofstuk gee jou die beste wenke vir die bak van LowCarb Brood, van broodpangroottes, omskakelingstabelle (hoeveel gram is 'n koppie/eetlepel).
Hoofstuk 5: KITSBROODJIES - Dit is daardie broodjies wat ook as Mikrogolf/Koppie-Broodjies bekend staan, broodjies wat min bestanddele vat, vinnig en maklik in die mikrogolf voorberei kan word. Daar is 35 Broodjieresepte in hierdie hoofstuk, onder andere die treffer Amandelmeelbroodjie, Bruinbrood Kitsbroodjie, Kaas-en-Spek Kitsbroodjie, Franse Roosterbroodjie en Groentebroodjies (met 'n wye verskeidenheid groente, soos blomkool, broccoli, murgpampoentjies en pampoen).
Hoofstuk 6: BROODPAN-BROODJIES - Dit is die broodjies wat in groot/klein broodpannetjies gebak word. Daar is 48 Broodjieresepte in hierdie hoofstuk, onder andere Klassieke Witbrood, Saadbrood, Chia Saadbrood, Biltong Braaibroodjie, Toebroodjiebrood en die minder bekende (maar baie gewilde Sielsbrood.
Hoofstuk 7: BROODROLLETJIES - Ideaal vir daardie hamburger of hotdog, het hierdie hoofstuk 15 Broodrolletjieresepte vir enige iets van Hamburger en Hotdog Rolletjies, "Sub" Rolletjies, Witbrood en Bruinbrood Rolletjies.
Hoofstuk 8: IN DIE PLEK VAN 'n BROODJIE - Hierdie hoofstuk is vir broderige dinge, maar wat nie tegnies as "brood" geklassifiseer kan word nie. Daar is 53 Resepte in hierdie hoofstuk, en hier kry jy alles van Bagels, Wraps, Knoffelbrood, Pannekoek, Plaatkoekies, Wafels, Kraakbeskuitjies/Crackers, Broodstokkies, Muffins en Vetkoek!

Elke resep het 'n volledige voedingsanalise per porsie (kilojoule, vet, protein, total carbs en net carbs).
Daar is ook pragtige volkleurfoto's deur die eBoek versprei.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp