Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
🎄 Die LowCarb KERSFEES RESEPTEBOEK - Leanda C Retief On Sale

🎄 Die LowCarb KERSFEES RESEPTEBOEK - Leanda C Retief

R 150 Sale R 250

🎄 Die LowCarb KERSFEES RESEPTEBOEK 🎄
Because... It's beginning to look a lot like Christmas...

Na 70+ Resepteboeke, dink ek ek kan met sekerheid verklaar dat die LowCarb Kersfees Resepteboek die mooiste Resepteboek is wat ek nog gedoen het. Nie net is dit 'n fees vir die oog nie, maar die wye verskeidenheid Resepte is fantasties - maklik, heerlik en bekostigbaar ook! Jou vriende en familie sal nie eers besef dat hulle LowCarb eet nie! En net vir ingeval julle nie oortuig is nie, heg ek 'n paar screenshots uit hierdie eBoek hierby aan.

Die LowCarb Kersfees Resepteboek bestaan uit:
VOORGEREGTE - soos Kersfees Kaasbolle, Komkommer Rolletjies, Seekos Kelkie en (koud en warm) Sop.
SLAAIE - soos Kersfees Laagslaai, Gestolde Slaaie, Pastarige Slaai en Radys-en-Beet Slaai.
GROENTE - soos Kersfees "Rys", Gevulde Eiervrug, Kaas-Spinasie Skorsies, Romerige Pampoen Gebak en Soetrissie Boontjies.
SKAAPVLEIS - soos Skaapboud en Lamstjops.
HOENDER en PLUIMVEE - soos Heel Gestopte Hoender (met stuffing), LowCarb Hoenderpastei, Lemoen Eend, Turducken en Kersfees Kalkoen. 
BEESVLEIS - soos Mosterd Tong, Soutvleis en Beesribbetjies.
VARKVLEIS - soos Gammon, Vark Belly, Varkflindervleis (Pulled Pork) en Varkboud.
En dan die NAGEREGTE - soos Kersfees Poeding (of tipsy tert), Melktert, LowCarb Koekstruif/Trifle, Jellie met Kondensmelk Sous (en ja, 'n resep vir LowCarb Kondensmelk!), Gemmerbroodmannetjies en Pavlova.

PLUS:
Alles wat jy oor 'n LowCarb Dieet moet weet.
Voedsellyste van wat op jou Kerstafel MAG wees.
Wenke vir die heerlikste Kersfeeskos.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp