Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
Die LowCarb SJOKOLADEBOEK On Sale
Die LowCarb SJOKOLADEBOEK

Die LowCarb SJOKOLADEBOEK

R 200 Sale R 350

As jy 'n soettand het en van sjokolade hou - is hierdie baie goeie nuus! Kakao en suikervrye sjokolade is toelaatbaar op 'n LowCarb Dieet, en hierdie boek vertel jou alles wat jy moet weet daaromtrent!

Met INLEIDENDE HOOFSTUKKE oor 'n LowCarb Dieet en wat jy mag en nie mag eet nie.
ALLES oor KAKAO EN SJOKOLADE vertel jou meer oor kakao - waar dit vandaan kom en gesondheidsvoordele, asook hoe om jou eie tuisgemaakte LowCarb Sjokolade te maak.
En dan die RESEPTE - 'n versameling van 170 van die heerlikste, vinnigste en maklikste LowCarb Sjokolade Resepte:
SJOKOLADE vir ONTBYT - met idees vir ontbytpap, muesli/granola en beskuit
SJOKOLADE LEKKERS - van Ferrero Rochers, fudge tot sjokolade malvalekkers en gummy bears.
GROOT KOEKE en KOEKVERSIERSELS - met resepte vir allerhande sjokolade groot koeke, kaaskoeke en koekversiersels.
KOLWYNTJIES
TERTE - met resepte vir sjokolade tertkorse en terte wat sjokolade bevat, soos Sjokolade Melktert, Pepperment Crisp en Roomtert.
KLEIN KOEKIES - allerhande klein koekies, van Choc Chip, Sjokolade Soetkoekies tot Romany Creams.
NAGEREGTE - met 'n versameling van die beste Warm Sjokolade Nageregte (Malvapoeding, Bessie Krummel, Brownies), Koue Sjokolade Nageregte (Jellies en Mousses) en Poedingsouse.
DRINKGOED - soos Warm Sjokolade, Warm Sjokolade Bêremengsels en Smoothies.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp