Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
Die LowCarb SOPDIEET On Sale

Die LowCarb SOPDIEET

R 125 Sale R 300

Laat SOP jou help gewig verloor!
Met uitgewerkte Dieetplan en hope resepte!

Dit raak nou vinnig vrek koud - en dit raak nou tyd dat jy begin dink hoe die LowCarb SOPDIEET jou gewigsverlies kan aanhelp!

HOEKOM GAAN DIE SOPDIEET VIR MY WERK?
Soos jy teen dié tyd behoort te weet, verloor mens gewig op 'n LowCarb Dieet as jy jou carb-inname drasties beperk - gewoonlik so 25 tot 35g Net Carbs per dag, afhangend. Toe ek die Sopdieet se voorbeeld-spyskaarte uitgewerk het, het dit my getref dat die middagete en aandete - wat bestaan uit sop EN 'n bykos - so ongelooflik laag is in carbs. Die gemiddelde vir alles was maar om-en-by 12g Net Carbs per dag. Wat beteken jy eet TWEE VOL MAALTYE PER DAG en daar bly not 'n ongelooflike hoeveelheid Net Carbs oor vir die res van die dag - kyk na die opsies:

* Eet 'n ordentlike ontbyt indien verkies
* Eet 'n dubbelporsie sop of bykos as jy nog honger is
* Eet ekstra sop of bykos as 'n snack middel oggend en laat agtermiddag
* Eet ietsie soets soos 'n Canderel Dark sjokolade, tuisgemaakte sjokolade mousse of kaaskoek of selfs warm sjokolade voor jy gaan slaap.

En dan is daar natuurlik die GEMAK van die LOWCARB SOPDIEET - ek het reeds al die werk vir jou gedoen. Al wat jy moet doen is om die kos te maak en lekker te eet en TE ONTSPAN - JY EET 100% REG OM GEWIG TE VERLOOR! Ek vertel jou hoe om die soppe te kook, te vries en te ontvries - wat maaltydbeplanning maklik maak, tyd bespaar en boonop ekonomies is. Hierdie dieet is ideaal vir almal - of jy by die huis werk of op kantoor werk of heeldag op die pad is.

Die LowCarb Sopdieet bevat:
* Inleidende Hoofstukke - Alles Oor Sop en 'n LowCarb Dieet, ASOOK 'n spesiale hoofstuk oor Die
LowCarb Dieet - wat jou vertel presies wat om te doen en wat om te eet PLUS voorbeeld eetplanne.
* 72 BESTE SOPRESEPTE - vir resepte met 'n groente basis, vleis basis en seekos basis.
* En omdat mens nie net van sop alleen kan lewe nie, is daar 55 Resepte vir BYKOSSE om saam met jou LowCarb Sopdieet te geniet - van broodjies tot frikkadelletjies.

Jy het BESLIS nog nie ALLES probeer voor jy nie die LOWCARB SOPDIEET probeer het nie!

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp