Hierdie Resepteboek vul 'n belangrike leemte - vir die hoofrede omdat Vleis dikwels die middelpunt van ons etes is, en as LowCarber is dit ook die een voedingsoort wat ons met 'n geruste hart aan kan smul (aangesien vleis in die meeste gevalle heeltemal koolhidraat-vry is). Dus, as jy van vleiserigheid hou, is hierdie die een Resepteboek wat jy in jou versameling moet hê.
Die LowCarb Vleisboek handel oor die belangrikste en gewildste Vleissoorte:
Hoender en Pluimvee
Beesvleis
Skaap/Lam
en Vark
Elke hoofstuk bevat belangrike inligting oor die spesifieke Vleissoort - soos berging en bevriesing, snitte, voedingswaarde, gaarmaakmetodes (van stoofplaat, oond, konveksie oondjie tot mikrogolf) en dan 'n versameling van die vinnigste, maklikste en heerlikste Vleisgeregte (en baie bekostigbaar ook!). In hierdie Resepteboek sal jy staatmakers vind vir jou volgende braai, LowCarb verwerkings van ou gunstelinge en nuwe skeppings - van gesinskos tot onthaalkos.