Koop Volume 2 hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-oondjie-vir-lowcarbers-volume-2-resepte-eboek/
Koop die Black Carb Special Bondel hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-oondjie-vir-lowcarbers-resepte-eboek-bondel-vo/
Die GLAS countertop-konveksie oondjie word nog in baie kombuise gebruik (myne ook, saam met my lugbraaier) - en hierdie Resepteboek is vir dié van julle wat hierdie oondjies nog gereeld gebruik.
Die Oondjie vir LowCarbers Volume 1 Resepte eBoek bevat al die belangrike en nuttige inligting van hoe jou oondjie werk en hoe om dit te benut tot voordeel van 'n LowCarb Leefstyl. Leer hoe die Oondjie werk, wat jy saam met die Oondjie kan gebruik en 'n magdom wenke om jou tyd en geld te spaar.
PLUS 'n versameling van die vinnigste en beste LowCarb Resepte:
Ontbytgeregte - van gebakte eiers tot omelette, tot beskuit en granola
Soutterte en Quiche
Brood - van klein broodjies (kitsbroodjies) tot bbroodjies in broodpannetjies en broodrolletjies - dit is moontlik in die oondjie, en vinnig ook!
Groente - met 'n versameling van die lekkerste groentegeregte
Hoofgeregte - resepte vir Hoender, Bees, Skaap/Lam, Vark en Vis - met wenke en gaarmaaktye
Soetgoed - wenke en resepte vir Nageregte, Koeke en Terte