Koop Volume 1 hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-oondjie-vir-lowcarbers-volume-1-resepte-eboek/
Koop die Black Carb Special Bondel hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-oondjie-vir-lowcarbers-resepte-eboek-bondel-vo/
Die GLAS countertop-konveksie oondjie word nog in baie kombuise gebruik (myne ook, saam met my lugbraaier) - en hierdie Resepteboek is vir dié van julle wat hierdie oondjies nog gereeld gebruik.
Die Oondjie vir LowCarbers Volume 2 Resepte eBoek bevat al die belangrike en nuttige inligting van hoe jou oondjie werk en hoe om dit te benut tot voordeel van 'n LowCarb Leefstyl. Leer hoe die Oondjie werk, wat jy saam met die Oondjie kan gebruik en 'n magdom wenke om jou tyd en geld te spaar.
PLUS 'n versameling van die vinnigste en beste LowCarb Resepte:
Ontbytgeregte - nog heerlike resepte vir 'n vinnige en maklike ontbyt
Braaibroodjies en Geroosterde Broodjies - ja, jy kan die heerlikste braaibroodjies maak sonder 'n vuur! Met idees, wenke en vulsels. Asook oop geroosterde "pizza" broodjies en 'n verskeidenheid resepte.
Muffins - met 'n versameling resepte vir Sout en Soet Muffins
Pizza - die beste verskeidenheid pizza korse vir 'n regte LowCarb pizza
Groente - met 'n versameling van die lekkerste groentegeregte
Hoofgeregte - resepte vir Hoender, Bees, Skaap/Lam, Vark en Vis - met wenke en gaarmaaktye
Soetgoed - wenke en resepte vir Tertkorse en Klein Koekies