Die LowCarb Kombuis is baie BAIE opgewonde om bekend te stel...
Die Splinternuwe LowCarb vir Lewe Program ❤️ Nou met Intermittend Fasting
Die LowCarb vir Lewe Program is 'n heeltemal nuwe en unieke Gewigsverlies/LowCarb PROGRAM wat verskillende fassette bevat om jou daaglikse koolhidraat-inname te verminder, jou gewig te laat verloor EN jou bloedsuikervlakke te stabliliseer - wat ookal jou gesondheidskwessies mag wees. My hoop met die Program is om uiteindelik 'n lewenslange community van LowCarbers te hê wat dieselfde doelwitte en entoesiasme oor hulle toekoms deel. Die rede hiervoor - na 14 jaar en meer as 100 Resepteboeke, wil ek graag meer met mense werk. Daarom hoop ek dat almal wat al jare saam met my aankom, hierdie kans gaan aangryp om LEWENSLANGE Lidmaatskap tot die beste LowCarb Program beskikbaar, sal aangryp.
Daar is GEEN twyfel nie, LowCarb WERK, maar die TYD in JOU lewe, werk dalk nie.
Dus... Ek het in 2016 my eerste Challenge gehou en sedertdien het ek al soveel mense so goed sien doen - en soveel mense basies hulle lewens sien verander - en daarom wil ek dit uitbrei na 'n groter, meer involved PROGRAM met meer opsies. Letterlik 'n leefstyl. Maar ek wil net met mense werk wat wil saamwerk. En wil en kan commit hiernatoe.
Jy koop basies 'n Brons Lidmaatskap tot die Program
.Hierdie Lidmaatskap is lewenslank - dws dit verval wanneer jy dit skriftelik beëindig.
Die Brons Lidmaatskap bied jou die volgende:
* Handleiding tot LowCarb
* 50 Dae Dieetplan/Spyskaart met Resepte
* Onbeperkte "Challenges" - dis soos daardie bekende Gewigsverliesklub, jy volg die Dieet, kry ondersteuning en weeg elke week in. Met die verskil van - as jy uitval of "weer wil probeer", kan jy net weer inval wanneer jy reg is. Vinnig gewig verloor vir 'n funksie - ek het een van my lede gehelp om amper 20kg te verloor intyd vir haar seun se troue. Wil jy op vakansie gaan en kan nie regtig LowCarb nie - dan "pause" jy jou lidmaatskap tot jy weer kan aangaan. Op hierdie manier spaar jy baie BAIE op heraansluitingsfooie.
* Skokterapie en/of Detoks is beskikbaar.
* 'n Kalender met Spesifieke ZERO CARB DAE, waar ons as 'n groep minimale koolhidrate inneem, PLUS ek sê julle presies wat om te eet.
* Ekslusiewe PRIVAAT Whatsapp-Groepie waar raad en resepte gedeel gaan word.
* Eksklusiewe PRIVAAT Facebook-Groep waar slegs lede toegelaat word en al die nuwe Resepte en artikels geplaas word. Daar is nog so baie Resepte en idees, maar ek wil dit nie meer vir die wye publiek beskikbaar stel nie.
* Hulp en leiding met die decarb van jou gunsteling Resepte, uitruil en vermindering van koolhidrate en ander kwessies.
* Ekslusiewe LAEVET SPYSKAART en Riglyne, ideaal vir cholesterol-lyers
* Ek track jou gewig en mates hierdie kant en hou dit op jou "CarbTrack" Lêer.
* Jy vul 'n Gesondheidsvraelys in, sodat wanneer jy probleme optel, ons dit kan aanspreek.
Hierdie Lewenslange BRONS Lidmaatskap kos R500 EENMALIG.
Hierdie is die spesiale bekendstellingsprys - sluit nou aan terwyl dit nog op 'n spesiale aanbod is!
Soos jy gewig verloor en jou doelwitte bereik, ekstra produkte aankoop of jou bloedsuikervlakke konstant hou, word jy beloon deur op te beweeg na Silwer, Goud en Platinum Lidmaatskap met eksklusiewe pryse en voordele.
INTERMITTEBD FASTING op hierdie Program is opsioneel beskikbaar teen R450 en SLEGS BESKIKBAAR vir Brons Lede van die LowCarb vir Lewe Program. Jy sal die inligting hieroor na jou inskrywing tot die Program ontvang.