Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
🍓 DIE VOLLEDIGE GIDS VIR LOWCARBERS

🍓 DIE VOLLEDIGE GIDS VIR LOWCARBERS

R 250 Sale R 450

🍓 ALLES wat jy van LowCarb moet weet - in Afrikaans, spesiaal vir Suid-Afrikaners.
NOODSAAKLIKE LOWCARB KOMBUIS PUBLIKASIE!

Dit is hierdie jaar 15 jaar vandat ek 70kg verloor het deur slegs my koolhidrate te sny (foto's beskikbaar op versoek) - en hierdie boek/gids bevat alles wat ek geleer het die laaste 15 jaar. Ek is vreeslik opgewonde oor hierdie boek - dit is 'n long work in progress en ek het hom uiteindelik op 'n punt waar ek dit kan bekendstel! 

Na my eie sukses (en die vrae wat ek vir myself wou antwoord, het ek met die laaste 15 jaar van met verslankers/diabete werk, baie vrae gekry soos:
Waar kom 'n LowCarb Dieet vandaan? Hoe werk 'n LowCarb Dieet? Is daar verskillende tipes LowCarb Diëte?
Hoekom werk 'n LowCarb Dieet so goed? Wat mag ek eet en nie eet nie?
Hoe weet ek as ek vet verbrand vir energie? Wat van proteiendrankies? Aanvullings?
Is 'n LowCarb Dieet gesond - kan ek dit volg as ek diabetes of cholesterol of galblaasprobleme of depressie het?
Hoe kry ek my gesin om saam te LowCarb?
LowCarb is mos baie duur, kan ek dit bekostig?
Wat is Net Carbs en ketose en my daaglikse koolhidraat toelaat? Wat is Net Carbs en hoe werk ek dit uit? 
Hoe kan ek my gunsteling resep decarb?
Wat maak ek vir Kersfees of my verjaarsdag of jaareindfunksies of as ons gaan uiteet?
En. En. En.

Hierdie VOLLEDIGE GIDS antwoord al hierdie vrae - en nog vele, vele meer!
* Ek leer jou al die truuks om LowCarb goedkoop en suksesvol en volhoubaar te maak.
*  Jy ontvang volledige voedsellyste met hulle carb-inhoud.
*  Jy ontvang ook 'n eenvoudige en uitruilbare voorbeeld-Spyskaart en 'n versameling flatervrye resepte resepte. 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp