Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
GRATIS 🍓 LowCarb 101 MINI-KURSUS

GRATIS 🍓 LowCarb 101 MINI-KURSUS

Ask for details by WhatsApp

GRATIS 🍓 LowCarb 101 MINI-KURSUS
Ek het die GRATIS LowCarb 101 Mini-Kursus vir die eerste keer in 2016 beskikbaar gestel, omdat daar altyd mense is wat van LowCarb/Keto (of enige ander lae koolhidraat-dieet) gehoor het, maar nie presies weet waaroor dit gaan, hoe dit werk, wat jy mag en nie mag eet nie. Ons weet almal mense verloor uitstekend gewig wanneer hulle die koolhidrate beperk, en bloedsuikervlakke kan heeltemal stabiel gehou word wanneer die regte koolhidrate geëet word, maar daar is nog 'n hele paar dingetjies wat meeste mense wat LowCarb wil probeer, nie noodwendig weet nie. En alhoewel daar baie mense is wat beweer hulle is LowCarb kundiges en jou net 'n spyskaart en resepte in die hand gaan druk, glo ek dat indien jy LowCarb as 'n PERMANENTE LEWENSSTYL VERANDERING wil oorweeg, jy hierdie belangrike inligting moet weet. En dit is waarom hierdie Mini-Kursus HEELTEMAL GRATIS is.

WAT IS DIE MINI-KURSUS?
Die Mini Kursus bestaan uit 5 dele en gee jou (beperkte maar belangrike) inligtigting oor 'n LowCarb/Keto Dieet, hoe dit werk, waarom dit werk en wat jy kan eet, sowel as moontlike kwessies wat jy mag teëkom wanneer jy dit 'n leefstyl-verandering wil maak.

Die LowCarb Mini-Kursus behandel die volgende:
Deel #1 - LowCarb 101
Hierdie afdeling vertel jou wat LowCarb is, hoe dit werk en die positiewe en negatiewe dinge van 'n LowCarb Dieet.
Deel #2 - Koolhidrate 101
Leer meer van Koolhidrate, wat die funksie daarvan in die liggaam is, hoe om koolhidrate te tel en wat Net Carbs is
Deel #3 - Die LowCarb Dieet
Hierdie afdeling vertel jou presies wat jy op 'n LowCarb Dieet mag eet en wat nie
Deel #4 - Living Vida LowCarb
Hier bespreek ons meer van die uitdagings van 'n LowCarb Leeftyl - dinge soos Maaltydbeplanning en Voedseletikette.
Deel #5 - Die LowCarb Kombuis
Leer meer oor LowCarb Bestanddele (soos xantham gum en versoeters) asook hoe om jou gunsteling HighCarb Kosse te vervang met LowCarb Kosse.
 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp