Uitgewerkte BootCamp Dieetplan/Spyskaarte en Volledige Gewigsverlies-Program met Inkopielyste!
Eerste dinge eerste - ek weet daar is baie mense wat baie wonderlike claims oor gewigsverlies maak. Miskien is van dit waar, maar meeste is nie. Hoe weet ek dat daardie wonder shake of pilletjie nie gaan werk nie? Want ek werk al 10 jaar met LowCarbers - verslankers en diabete - en ek weet dat daar 'n magdom faktore is wat gewigsverlies beïnvloed.
Maar wat ek wel weet is, LowCarb WERK. Ek het self meer as 70kg verloor deur net die koolhidrate te verlaag, en die regte goed te eet op die regte tye. (En ek het REGTE foto's om dit te bewys, nie fake internet foto's nie - email/whatsapp my gerus as jy dit wil sien.) Hierdie sukses het aanleiding gegee tot Die LowCarb Kombuis, meer as 50 Resepteboeke en 8 uitgewerkte Dieetplanne/Spyskaarte (of gewigsverlies-programme, as jy wil) wat spesifiek uitgewerk is om:
1. Mense se bloedsuikervlakke te beheer
2. Mense te help om gewig te verloor - asook om hulle gemotiveerd te hou.
So wat behels die BootCamp? Wat ontvang jy saam met jou BootCamp aankoop?
1. Die BootCamp Handleiding
Die dokument bevat alles wat jy moet weet oor LowCarb: Toegelate kosse, voedsellyste, verbode kosse, wenke en allerhande ander noodsaaklike informasie. Baie mense stop net 'n dieet in jou hand, maar jy het geen idee hoe dit werk of hoekom dit werk nie. Dit is nie hoe dit moet werk nie - mens kan eers regtig suksesvol wees as jy iets verstaan, en dit is hoekom die Handleiding so noodsaaklik is.
2. BootCamp Spyskaarte met Resepte
Die BootCamp is uitgewerk vir drie weke (en dan kom daar nog 5 dae Skokterapie by na die drie weke). Die Spyskaarte is maklik, vinnig en bekostigbaar - met maklik-verkrygbare bestanddele. Dit gee wat jy moet eet, asook die resepte saam met dit. Elke ete se Net Carbs word aangedui, sodat jy maklik kan uitruil, en die Net Carb inhoud vir die dag word ook aangedui.
3. 5 Dag Skokterapie Spyskaart met Resepte
Die 5 Dag Skok volg na die drie weke Spyskaarte - en die idee is om jou vir oulaas 'n vinnige gewigsverlies-hupstootjie te gee, deur die koolhidrate verder te verlaag. En dit werk goed! Meeste mense verloor nog 'n addisionele 2-5kg wanneer hulle die 5 Dag Skok doen.
4. Addisionele Hulpmiddels
Jy ontvang 'n Gewigsverlies Rekord - wat jy kan invul om jou vordering aan te teken, plus volledige instruksies oor hoe om dit te gebruik. Die Dieet Dagboek is handig om alles in te vul wat jy op 'n dag eet, plus die Net Carbs - dus as jy sukkel, kan ons altyd na die tyd na die Dagboek kyk om te probeer vasstel waar die strydpunte is. Die Dagbeplanner help jou weer om jou dag te beplan, moet plek vir etes, resepte en inkopielyste.