Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
✳️ LowCarb HAPPIES/SNACKS On Sale

✳️ LowCarb HAPPIES/SNACKS

R 125 Sale R 300

✳️ LowCarb HAPPIES/SNACKS

Ek kry vreeslik baie navrae oor watter Happies/Snacks mens op 'n LowCarb Dieet kan eet. Sommige mense raak steeds honger tussen etes, en ander is nie honger genoeg om 'n ete te eet nie, maar is lus vir ietsie kleins tussenin. En lets face it, biltong en kaasblokkies raak maar vervelig na 'n ruk. Daarom het ek nou - vir die eerste keer - 'n volledige gids tot Happies/Snacks vir LowCarbers bymekaargesit. (Ek heg vir julle 'n paar screenshots aan.)

In hierdie boek sal jy vind: 
* Lyste met geskikte LowCarb Happies
* Voedingsanalise van geskikte LowCarb Happies (om te help sodat jy binne jou daaglikse hoeveelheid koolhidrate bly) 
En dan die Resepte:
* Happie Idees met VLEIS - vir alles van biltong tot deli-vleise
* Happie Idees met VIS/SEEKOS - van visballetjies tot vis nuggets, en verskillende mayos (soos sardientjie en haddock)
* Happie Idees met GROENTE - van groentestokkies tot plaatkoekies en groente skyfies/chips
* Happie Idees met NEUTE EN SADE - 'n opwindende afdeling wat jou leer hoe om jou eie neute te rooster, plus resepte vir "trail mixes" en "party mix"
* Happie Idees met EIERS - alles van devilled eggs tot souttertjies en vetbomme
* Happie Idees met KAAS - van kaas skyfies/chips tot vetbomme
* Happie Idees IN PLAAS VAN BROOD - kraakbeskuitjies, pasteitjies, "corndogs" en nog vele ander briljante idees!

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp