Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
🖤  LowCarb Koolhidraat-Teller en Voedsellyste eBoek - Nou SLEGS R100
🖤  LowCarb Koolhidraat-Teller en Voedsellyste eBoek - Nou SLEGS R100

🖤 LowCarb Koolhidraat-Teller en Voedsellyste eBoek - Nou SLEGS R100

R 100 Sale R 275

'n Koolhidraat-Teller is lyste van kosse wat se voedingswaarde in tabelle deurgegee word. 
Nou, hierdie Koolhidraat-Teller is ektra spesiaal, want:
1. Die klem is op LowCarb-kosse. Jy hoef nie deur bladsye en bladsye van kosse te sif om die kosse te identifiseer wat jy op 'n LowCarb Dieet mag eet nie. 
2. Kosse wat koolhidrate bevat (soos groente en vrugte) word ingedeel in Groen (Elke Dag, Heel Dag), Oranje (Dink Voor Jy Eet), Rooi (Nooit) en Verbode (Nooit Ooit) Lyste. As jy dus net van die Groen Lys wil eet, is die kosse met hulle voedingswaarde reeds maklik vir jou aangedui - jy hoef dus nie Groen Lys Groente tussen al die groente te gaan soek nie.
3. Koolhidraat-Tellers gee jou vryheid om te eet wat jy wil, en maklike uitruilings in resepte te maak - want gestel jy eet nie sampioene nie, kan jy nou opkyk hoeveel Net Carbs sampioene bevat en dit net aftrek van die Net Carbs van die resep wat jy maak. 
4. Al die kosse se voedingswaarde word per 100g aangedui (tensy anders genoem). Dit maak die uitwerk van jou ete se Net Carbs super maklik. Gestel ons maak Hoenderslaai:
50g blaarslaai - 1.77 gedeel deur 2 = 0.88g net carbs
50 g komkommer - 1.46 gedeel deur 2 = 0.73g net carbs
50 g kersie tamaties - 2.72 gedeel deur 2 = 1.36g net carbs
50 g feta kaas - 4.09 gedeel deur 2 = 2.04g net carbs
100 g gaar hoender - 0g net carbs
Dus is die Net Carb-inhoud vir jou Hoenderslaai 5.01g net carbs. Voeg nog 'n eetlepel mayonnaise by - en die totaal is 6.03g. Sien, super maklik!
5. Die Koolhidraat-Teller is in Afrikaans, spesiaal ontwerp vir Suid-Afrikaanse LowCarbers en met kosse wat ons maklik in enige supermark kan opspoor.

Afgesien daarvan, gee die Koolhidraat-Teller en Voedsellyste jou ook die volgende:
* Gedetailleerde informasie oor 'n LowCarb Dieet 
* Maklike Maaltydbeplanning en ander wenke
* Volledige instruksies oor hoe om voedsel-etikette te lees 
* Kosse is ingedeel volgens tipe:
GROENTE (verder ingedeel volgens Groen, Oranje, Rooi en Verbode Lyste)
VLEIS (volgens tipe - soos Bees, Skaap, Vark)
EIERS
SUIWELl (soos Melk, Room en Kaas)
VETTE EN OLIES
NEUTE EN SADE
VRUGTE (verder ingedeel volgens Groen, Oranje, Rooi en Verbode Lyste)
DRINKGOED
GEURMIDDELS EN SOUSE
ALKOHOL
* Lyste vir Total Carbs, Net Carbs, Total Fat, Total Protein en Energie kJ.
* Net Carbs is ge"highlight" vir maklike opkyk.
* Kossoorte is alfabeties ingedeel

Hierdie is nou die EEN Gids wat jy in jou versameling MOET hê om jou LowCarb Dieet BAIE MAKLIK EN EENVOUDIG te maak!
 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp