Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb KORTPAD-KOS On Sale

LowCarb KORTPAD-KOS

R 150 Sale R 300

Een ding wat baie mense dalk nié van my weet nie, is dat ek altyd kortpaaie in die kombuis soek - ek love resepte en eksperimenteer, maar wanneer dit by kosmaak vir my familie kom, voel dit dikwels meer soos plig as plesier. En dit is hier waar ek begin besef het dat, selfs al maak mens vinnige en maklike kos, dit nie noodwendig afskeepkos hoef te wees nie. Ons is almal besig (en gaan nog besiger raak soos die jaar einde se kant toe staan) - en wil so min moontlik tyd in die kombuis spandeer, maar met die regte Resepte en bestanddele, kan jy die heerlikste etes in rekord-tyd optower. En dit is hier waar hierdie Resepteboek jou gaan help - al die Resepte in hierdie boek neem minder as 30 minute vandat jy die kos uit die yskas haal, tot op die tafel. En, as 'n ekstra bonus, bevat al die Resepte die minimum hoeveelheid, maklik bekombare bestanddele.

Kortpadkos bevat die volgende:
Inleidende Hoofstukke oor 'n LowCarb Dieet - wat om te eet en nie te eet nie, wenke en ander interessasnthede.
Kortpad-Resepte - met 'n wye versameling vinnige en maklike Resepte vir besige dae. Volkleurfoto's word deur die boek versprei en elke Resep bevat 'n volledige voedingsanalise (Kilojoules, Fat, Protein, Total Carbs en Net Carbs). Resepte is in al die groot kategorieë ingedeel, en 'n Resepte Indeks word agter in die Resepteboek verskaf vir maklike opkyk van Resepte.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp