Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb KOSBLIK-KOS On Sale

LowCarb KOSBLIK-KOS

R 125 Sale R 300

Ek is besonder opgewonde oor hierdie publikasie, want dit behels iets waaroor bitter baie mammas van ADHDertjies wonder - WAT KAN EK INSIT SKOOL/WERK TOE?  Ons lewe almal 'n gejaagde lewe en die idee om ure lank in die kombuis af te sloof om lekker, gesonde en interessante kosblikke te pak, maak niemand juis opgewonde nie. Om hierdie rede het ek nou al die harde werk vir jou gedoen.

LowCar Kosblik-Kos vervat die volgende:
Hoofstuk 1: Alles Oor LowCarb
Hierdie is 'n standaard hoofstuk oor LowCarb - hoe 'n LowCarb Dieet werk, wat jy kan eet en nie mag eet nie
Hoofstuk 2: Alles Oor Kosblikke
Van verpakking tot bevriesing - asook my persoonlike kosblik-wenke en tydbesparende planne.
Hoofstuk 3: Kosblikke vir Kinders
Ek was baie opgewonde oor hierdie hoofstuk, want dit is iets waaroor baie mense onseker is. Hierdie hoofstuk is my weergawe van 'n LowCarb kosblik vir kinders, en ook een wat my kinders 90% van die tyd inkry skool toe.
Hoofstuk 4: Broodjies - Die Basis van die Kosblik
Maar ons mag nie brood op 'n LowCarb Dieet eet nie - hoe nou gemaak? Hierdie hoofstuk bestaan uit:
* Die beste LowCarb broodjies en brood plaasvervangers
* Toebroodjievulsels
* Gegeurde botters en smere
Hoofstuk 5 : Die Kosblik Burger - Vullende Staatmaker
Moenie die waarde van 'n vullende LowCarb burger in plaas van MacDonals's onderskat nie... 
Hierdie hoofstuk bestaan uit:
* Die beste LowCarb broodrolletjies
* Die beste burger patties (bees, hoender en vis)
* Ietsie ekstra ('n verskeidenheid toppings vir daardie burger)
* Beste burger souse
Hoofstuk 6: In Plaas Van Brood - Muffins en Ander Gebak
Hooftuk 7: Souttertjies en Quiche - Proteien-Skop in 'n Kosblik
* Maak die lekkerste mini-souttertjies en quiche met die basiese resepte vir elkeen en 'n hele magdom variasies - dit bespaar jou beplanning, moeite en ure in die kombuis!
* Die Beste souttert en quiche resepte
Hoofstuk 8: 'n Flessie Sop - Ideaal vir Koue Dae
* Hierdie hoofstuk leer jou (met resepte en variasies) hoe om blitsvinnig 'n porsie sop aanmekaar te slaan vir koel dae.
* Die Beste Sopresepte
Hoofstuk 9: 'n Bakkie Slaai - Ideaal vir Warm Dae
* Hierdie hoofstuk leer jou om met 'n basis van slegs DRIE slaairesepte, 'n magdom variasies op die
tema te maak - wat jou beplanning, tyd en moeite spaar!
* Die Beste Slaai Resepte
Hoofstuk 10: Vir Die Karnivore - Vullende Vleiserigheid
Enige LowCarb Kosblik moet uit genoeg proteien bestaan - en hier is die bestes van die bestes.
Hoofstuk 11: Oorskiet vir Opwarm - Maak Kosblikke Maklik
Leer hoe om jou oorskiet vir jou te laat werk! Plus die beste resepte vir inpak-oorskiet.
Hoofstuk 12; Happies vir Tussenin Peusel
Hoofstuk 13: Drinkgoed - Les jou Dors, Verwarm jou Siel

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp