Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb MAKLIK MET DIE MIKROGOLF On Sale
LowCarb MAKLIK MET DIE MIKROGOLF

LowCarb MAKLIK MET DIE MIKROGOLF

R 175 Sale R 350

LowCarb MAKLIK MET DIE MIKROGOLF

Ek was halfpad met die skryf van hierdie Resepte eBoek, toe ek besef het nee - ek benader die hele ding verkeerd. Hierdie moenie net 'n versameling (maklike en bekostigbare LowCarb Resepte wees nie, soos altyd!), maar eerder 'n tegniek-boek.  Ek wil jou leer hoe om jou mikrogolf vir meer as net vleis ontdooi en kos opwarm te gebruik. En die gevolg was 'n fantastiese splinternuwe konsep vir LowCarbers in Suid-Afrika, LowCarb Maklik met die Mikrogolf. En nee, ons gaan baie meer doen as koffiebeker broodjies/poedings en groente stoom! Hierdie boek leer jou die tegnieke hoe om kos vinnig, maklik en suksesvol voor te berei, en dit verskaf ook 200 van die beste, beproefde en mikrogolf-aangepasde Resepte in al die belangrikste kategorie.

Hier is wat LowCarb Maklik met die Mikrogolf bied:
INLEIDENDE HOOFSTUKKE leer jou meer oor LowCarbing, hoe die dieet werk en wat jy kan nie kan eet nie.
Handige hoofstuk oor hoe om die Resepte in die Resepteboek te gebruik, bv porsies en voedingsanalise.
ALLES OOR MIKROGOLWE leer jou die nitty-gritty oor mikrogolwe - hoe dit werk, hoekom dit so werk, wat jy nodig het om jou mikrogolf optemaal te benut, en allerhande interessante wenke, tegnieke en relevante informasie.
Dan is daar ook die opwindende LowCarb RESEPTE, 200 van hulle, ingedeel in die volgende kategoriee:
ONTBYT IN DIE MIKROGOLF - met allerhande vinnige en maklike Resepte vir ontbyt, soos eiers en ontbytpap.
BROODJIES IN DIE MIKROGOLF- hierdie versameling broodjies sal jou lus vir 'n stukkie brood vinnig blus, met resepte vir 'n broodpanbroodjie, kits (koppie) broodjies en 'n versameling van die heerlikste muffins.
LIGTE ETES IN DIE  MIKROGOLF- hierdie hoofstuk handel oor vinnig en maklik, met resepte vir Soutterte/Quiche, broodjies met vulsels, kraakbeskuitjies en patee.
SOP IN DIE MIKROGOLF - hier leer jy die tegnieke om die perfekte sop in die mikrogolf te maak, teen 'n fraksie van die tyd wat dit op die stoof neem, plus 'n hele versameling idees vir verskillende soorte sop.
GROENTE EN SLAAIE IN DIE MIKROGOLF- die mikrogolf is uitstekend vir die gaarmaak van groente, en hierdie hoofstuk leer jou presies hoe. Daar is ook 'n hele versameling resepte met groente as basis vir bykosse, hoofetes en slaaie.
HOOFGEREGTE IN DIE MIKROGOLF - in hierdie hoofstuk leer jy dat mens vleis en vis/seekos in die mikrogolf KAN gaarmaak, en presies hoe om dit suksesvol te doen. Daar is 'n wye verskeidendheid Resepte vir Hoender, Skaapvleis, Beesvleis, Vark en Vis/Seekos
SOETGOED IN DIE MIKROGOLF - 'n heerlike versameling vinnig en maklike soetgoedjies wat in die mikrogolf voorberei kan word, soos Malva Poeding en Tuisgemaakte Sjokolade.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp