Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb OORLEWINGSGIDS On Sale

LowCarb OORLEWINGSGIDS

R 50 Sale R 150

Ek het die Oorlewingsgids in Maart 202 geskryf nadat die SA Regering 'n Nasionale Ramptoestand rakende die Covid-19 (Corona) Virus aangekondig het. Skielik was ons gekonfronteer met iets heeltemal vreemds - LowCarbers het sulke beperkte voedselkeuses en ons is gewoond aan winkel toe gaan en kry wat ons nodig het, hoe maak ons voorsiening vir as dinge erger vorentoe raak? Dit maak my baie hartseer om te dink dat dinge het nou erger geraak. Baie mense is redelik blasé oor die virus, maar die feit is dat ons almal teen hierdie tyd iemand ken wat siek geword het, dit is aansteeklik en na regte moet ons nou nog meer uit die winkels en openbare plekke bly as wat ons in Maart 2020 moes. Dit maak die LowCarb Oorlewingsgids net nog meer relevant.

Die Oorlewingsgids se fokus is wat ons kan maak met dit wat vir ons beskikbaar is. Dit behandel elke LowCarb Toelaatbare Voedselsoort, met wenke en resepte oor hoe om dit vir jou te laat werk met minimum beskikbare voorrade. Dit behandel ook aspekte soos hoeveel van watter voedselsoort die minimum is wat ons nodig het - wat koop jy vars, wat koop jy geblik, wat koop jy gevries, waarvan koop jy meer as een, wat is nie so belangrik nie. Hierdie Gids is nie net handig nou in die lig van die virus-noodgeval nie, dit is ook 'n handige gids vir enige tyd wanneer jy nie by 'n winkel kan uitkom om die nodige te koop nie, soos wanneer jy gaan vakansie hou/toer of vir 'n groot operasie moet gaan.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp