LowCarb SKOKTERAPIE
Vinnige en Maklike Gewigsverlies
Kom ons gesels bietjie oor die vakansie en daardie kilogramme wat ek weet baie van julle baie vinnig wil verloor... Skokterapie is vir baie jare al een van die beste (en lekkerste) maniere om jou gewigsverlies 'n boost te gee. Ek kry die afgelope paar dae weer vreeslik baie navrae oor LowCarb SKOKTERAPIE. Ek gaan probeer om hier 'n vinnige oorsig van die Eetplan te gee.
Skokterapie is basies 'n streng en baie beperkte Eetplan wat vir 3-5 dae in 3 weke periodes gevolg kan word. Die Eetplan bevat MINIMAAL koolhidrate, om basies jou liggaam te "skok" vir maksimum gewigsverlies. Ons Skok-rekord staan tans op 6.2kg oor 5 dae. Gedink dis nie moontlik nie? Dit is! Daar is actually 'n lang lys van kosse wat geen of bitter min koolhidrate bevat - en dit is op hierdie kosse wat Skokterapie berus.
Hoe dit werk is - jy ontvang 'n Eetplan met twee lyste:
Zero Carb Kosse is kosse wat GEEN koolhidrate bevat nie, soos vleis en vis.
Amper Zero Carb Kosse is kosse wat minimaal koolhidrate bevat, soos sekere tipes groente en kaas.
Saam met dit ontvang jy ook die reëls van Skokterapie - en wees gewaarsku - dit is streng! Jy gaan 'n hele paar dinge uitsny op die dae wat jy op Skok is, bv versoeters, room en dieetkoeldrank.
Dan, jy eet soos volg:
Dag 1 - SLEGS Zero Carb
Dag 2 - SLEGS Amper Zero Carb
Dag 3 - SLEGS Zero Carb
Dag 4 - SLEGS Amper Zero Carb
Dag 5 - SLEGS Zero Carb
Jy kry ook 'n Eetplan saam met Skokterapie vir 5 dae PLUS die Resepte wat jy saam met die Eetplan gaan gebruik.
Ek gee hier 'n voorbeeld van wat jy gaan eet:
ONTBYT
Swart koffie met Stevia OF Kolskoot Koffie
Omelet met Gegeurde Maalvleis - Resep word verskaf
MIDDAGETE
Tuna Slaai - Resep word verskaf
AANDETE
Biefstuk en Gemengde Groente
Hoeveelhede wat jy kan inneem, word ook verskaf. Beperkings is slegs op kosse wat koolhidrate bevat - kosse wat geen koolhidrate bevat nie, kan geëet word soos jy honger is.
Daar word ook voorsiening vir HAPPIES gemaak, mits dit inval met die dag waarop jy is.
Saam met Skokterapie ontvang jy ook 'n versameling van 465 Resepte wat uiters laag in koolhidrate is, 0 tot 1g net carbs, 1 tot 2g net carbs en 2 tot 3 net carbs per porsie. Jy kan hierdie resepte by jou daaglikse maaltydbeplanning inwerk om die net carb-waarde van jou ete af te bring - deur iets wat hoër is in carbs, te vervang met 'n Skokterapie Resep.