Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb SOMER SLAAIE On Sale

LowCarb SOMER SLAAIE

R 175 Sale R 300

Daar het 'n duidelike behoefte bestaan vir 'n LowCarb Resepteboek wat spesifiek oor SLAAI gaan. Meeste van ons dink mos maar 'n slaai is iets met opgekapte groente/vleis/kaas/eiers wat as 'n nagedagte opgedien word saam met 'n braai of ander hoofgeregte. Maar slaaie is soveel meer! Slaaie is kookkuns op sy eie, slaaie is vullend, slaaie is gesond, slaaie is heerlik en slaaie is ideaal vir warm somermaande. En hierdie eboek is regtig iets besonders! Dit is nou die ideale tyd om meer slaaie te eet - en hierdie eBoek is propvol uitstekende idees, variasies en die beste LowCarb slaai-resepte wat jy ooit in een eboek sal vind! Daar is 'n paar van die gewildste, beproefde LowCarb slaai-resepte in die eBoek vervat, en 'n groot aantal splinternuwe resepte wat nog nooit vantevore op Die LowCarb Kombuis se Facebook-page of in ander publikasies verskyn het nie. Elke resep het 'n volledige voedingsanalise sodat jy presies weet wat jy eet en hoeveel jy kan eet.

LowCarb Somer Slaaie sluit die volgende in:

INLEIDENDE HOOFSTUKKE:
Alles oor LowCarb, die LowCarb Dieet (wat jou presies vertel wat om te eet en wat nie - vir diegene wat dalk nie weet nie) en Alles oor Slaaie - die beste slaai wenke om jou slaaie fantasties te maak!

Hoofstuk 1 - DIE GROEN SLAAI
Leer hoe om 'n basis groenslaai te maak, en hoe om die Groen Slaai te bou tot iets besonders met variasies en wenke. Met 42 van die Beste Groen Slaai-resepte: Vegetaries, Met Vleis en met Vis/Seekos

Hoofstuk 2 - DIE KAMMA "AARTAPPEL" SLAAI
Leer hoe om 'n kamma "aartappel" slaai te maak wat jou huismense en gaste so gaan beindruk dat hulle nie eers gaan besef hulle eet nie regte aartappels nie. Leer hoe om die basiese kamma "aartappel" slaai te maak, en hoe om dit te bou tot 'n heerlike en vullende slaai wat ideaal is vir kosblikke, volledige maaltye of bykos by 'n braai. Met 8 van die Beste Kamma "Aartappel" Slaai-resepte.

Hoofstuk 3 - DIE SLAAI WRAP
Berei iets anders - draai jou slaai in 'n slaaiblaar toe! Dit is die ideale slaai om in te pak werk toe of op 'n piekniek, maar dit is ook 'n heerlike bykos en lyk baie deftig. Met 14 van die Beste Slaai Wrap Resepte

Hoofstuk 4 - DIE LOWCARB KOOLSLAAI
Koolslaai is altyd 'n wenner - en hierdie hoofstuk leer jou hoe om die perfekte LowCarb-weergawe van koolslaai te maak, Met 7 van die Beste Koolslaai Resepte.

Hoofstuk 5 - SLAAIE MET GROENTE
Slaaie bestaan nie net uit blaarslaai, komkommer, blomkool of kool nie. Die slaaie in hierdie hoofstuk gebruik allerhande groente - van boontjies in 'n Kamma Ertjieslaai, tot gemarineerde sampioene, tot ingelegde avokado's. Met 32 van die Beste Groente Slaai-resepte.

Hoofstuk 6 - SLAAIE MET VLEIS
Vir meer vullende slaaie sit ons vleis by. Hier is 'n groot verskeidenheid slaaie met vleis as hoofbestanddeel, soos Soetsuur Hoenderslaai, Kouevleis Slaai, Soetrissie Skaapboud Slaai en 'n fantastiese gestolde Hoenderslaai. Met 11 van die Beste Vleis Slaai-resepte.

Hoofstuk 7 - SLAAIE MET VIS/SEEKOS
Hier is 'n groot verskeidenheid slaaie met vis en seekos as hoofbestanddeel, soos tuna, snoek, kalamari of garnale, bv Gestolde Tuna Vorm, Kerrie Tuna Slaai, Chakalaka Snoek Slaai en Soetsuur Kalamari Slaai. Met 15 van die Beste Vis Slaai-resepte.

Hoofstuk 8 - SLAAIE MET EIER
Groot verskeidenheid slaaie met eier as hoofbestanddeel, bv Eierslaai met Olywe en Soetrissies, Groente Eierslaai en Hoender-en-Eier Slaai. Met 6 van die Beste Eier Slaai-resepte.

Hoofstuk 9 - SLAAI IN 'n FLESSIE
Hierdie hoofstuk was ongelooflik baie pret om te skryf! Vir die eerste keer in LowCarb Kombuis-geskiedenis, raak ons die slaai in 'n flessie aan. Leer hoe om jou slaaie in 'n flessie te maak - wat tyd spaar en jou slaaie vir langer vars hou in die yskas. Afgesien daarvan lyk dit pragtig. Leer die geheime, wat jy in jou flessie kan pak en 'n hele paar variasies op die tema,

Hoofstuk 10 - SLAAISOUSE
Maak jou eie slaaisouse - dit is gesonder, goedkoper en lekker. Daar is 'n volle 31 Slaaisous-resepte - die bestes van die bestes in LowCarb!

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp