Daar het 'n leemte bestaan vir 'n LowCarb Resepteboek wat konsentreer op EENporsie LowCarbing - dikwels is daar slegs een persoon in 'n gesin wat LowCarb, of enkellopendes wat ook vinnige en maklike LowCarb etes wil voorberei. Hierdie Resepteboek het dit alles. Niemand wat eenporsie LowCarbing doen (hetsy omdat jy enkellopend of die enigste diabeet/LowCarber in jou gesin is) het meer 'n verskoning dat daar niks is om te eet nie!
Inleidende Hoofstukke vertel jou meer oor LowCarb en nuttige wenke en raad help jou om eenporsie LowCarbing vinnig, maklik en ekonomies te doen - en moenie vergeet van vrek lekker nie! Ek leer jou hoe om maaltye te beplan vir een persoon, hoe om jou kombuis te volle te benut, en wat jy nodig het om LowCarbing vir een persoon te begin en vol te hou.
EN dan is daar 275 van die BESTE en LEKKERSTE LowCarb Resepte in ENKELPORSIES! Resepte is in al die gewilde kategoriee ingedeel - Ontbytgeregte, Sop, Slaaie, Broodjies en Muffins, Quiche, Hoofgeregte en Nageregte - en het ek genoeg daar is 'n eenporsie Suurlemoen Meringue, Peppermint Crisp, Sagopoeding, Malvapoeding en Broodpoeding in die boek?
Hierdie boek gaan jou lewe EN jou gesondheid verander!
LowCarb is skielik niks meer moeite nie!