Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
❄️ LowCarb VRIESKAS, BOTTEL EN BêRE On Sale
❄️ LowCarb VRIESKAS, BOTTEL EN BêRE

❄️ LowCarb VRIESKAS, BOTTEL EN BêRE

R 175 Sale R 300

❄️ LowCarb VRIESKAS, BOTTEL EN BêRE

Ek is baie opgewonde oor hierdie Resepteboek! Ek kry gereeld navrae van mense wat wil weet oor die vries van kos (en veral LowCarb kos) en wil leer hoe om hulle vrieskaste vir meer as net 'n "oorskiet dumping bin" te gebruik. Dan, is daar ook die navrae oor kos inmaak - kan ons LowCarb kos bottel en bêre? En die vraag is ja, ons kan! En in hierdie boek beplan ek om julle te leer presies hoe. EN met die fokus op LowCarbers!

Die idee is dat dit 'n gebruik boek moet wees - en nie net 'n versameling resepte nie. Die idee is om julle die inligting en wenke te gee wat nodig is om julle vrieskaste ten volle te benut, want dit is nie net nuttig vir grootmaat aankope of vleis vries nie - dit is ook 'n waardevolle hulpmiddel vir maaltydbeplanning en geld spaar. Daarteenoor, wil ek julle ook leer om kosse in te maak - wat nie net handig is vir wanneer jy sekere kosse op winskope kan aankoop nie, maar ook vir wanneer mens 'n oorvloed van 'n spesifieke kos het, of selfs op vakansie gaan. Hierdie Resepteboek verander hoe jy na jou vrieskas en kosverwerking kyk!

LowCarb Vries, Bottel en Bêre bestaan uit:
Inleidende Hoofstukke oor 'n LowCarb Dieet - wat om te eet en nie te eet nie. Alles oor jou Vrieskas - hierdie afdeling handel oor vrieskaste - die bevriesing van verskillende kosse, verwerking, handige materiaal en wenke, tye waarvoor dit gevries kan word. Ons leer hoe om groente te blansjeer. Die hele idee is om jou te help om die beste uit jou vrieskas te kry - en daar is baie wenke wat ek met julle moet deel!
Alles oor Bottel en Bêre - dit is nie so moeilik om kos te bottel vir latere gebruik nie. Hierdie afdeling behandel die tegniek - soos materiaal, steriliseer van bottels, en allerhande wenke tussenin.
Bottel en Bêre Resepte - bestaan uit 'n versameling van die beste resepte vir die bottel van LowCarb kosse - Groente, Vrugte, Vleis, Vis, Souse en selfs 'n paar tuisgemaakte Speserye (dink kerrieboontjies, slaaie, ingemaakte uie, sampioene en selfs konfyt).

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp