Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb30 DIEETPLAN

LowCarb30 DIEETPLAN

R 250 Sale R 450

Die LowCarb30 Dieetplan maak gewigsverlies ongelooflik maklik en ekonomies - en baie suksesvol.

Die hoofkenmerke van hierdie Dieetplan is die volgende:
* Volledig uitgewerkte DIEETPLAN vir 30 Dae. Die Dieetplan bestaan uit Ontbyt, Middagete, Aandete en Happies vir elke dag. Daar is ook een soet bederfie per week, spesiale idees en wenke vir braai of Sondag middagete en 'n magdom LowCarb Happies.
* Die Dieetplan is EENVOUDIG - dit wys jou presies wat om te eet, hoeveel om daarvan te eet en selfs hoe om dit voor te berei.
* Die NET CARBS vir die dag is reeds vir jou uitgewerk - dus sien jy presies hoeveel Net Carbs jy elke dag inneem, en "ekstra Net Carbs" kan gebruik word vir ekstra happies of selfs 'n glasie wyn oor naweke. (Die hoeveelheid Net Carbs per dag hang af van persoon tot persoon en word ook volledig in die Dieetplan verduidelik.)
* Die handige weeklikse INKOPIELYS maak inkopies super maklik - jy sien presies wat jy moet aankoop en help jou die versoekings in die winkel weerstaan. Die inkopielys help jou ook om te bespaar, want jy hoef niks ekstra te koop of te wonder hoeveel jy moet koop nie. Wenke vir die aankoop van voedsel en voorstelle word ook saam met die Inkopielys uitgestuur.
* Jy ontvang ook met elke week se spyskaart, 10 Staatmaker Resepte wat jy in jou LowCarb versameling moet hê, wat nooit flop nie en waarna jy keer-op-keer sal terugkeer.

LowCarb30 WERK.
Jy het nog nie alles probeer voor jy nie LowCarb30 probeer het nie!

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp