Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
Somerlyfie Beginnerspakket ☀️ LowCarb met Leanda On Sale

Somerlyfie Beginnerspakket ☀️ LowCarb met Leanda

R 300 Sale R 750

SOMERLYFIES WORD NOU GEMAAK!
LOWCARB WERK!
JY HET NOG NIE ALLES PROBEER VOOR JY NIE LOWCARB PROBEER HET NIE!
!! PLUS JOU AANKOOP VAN DIE SOMERLYFIE BEGINNESPAKKET, GEE VIR JOU 'N INSKRYWING VIR DIE R1 000 GESKENKBEWYS VIR DIE LOWCARB KOMBUIS BOEKWINKEL. (Slegs van toepassing op aankope gemaak op Vrydag 30 Augustus en Saterdag 31 Augustus 2024.)

Jy kan tot 10kg ligter wees teen die middel/einde van September! (Onthou net, 10 kilogram ligter nou, is 10kg minder waaroor jy later die jaar hoef te worry!)  En, dié van julle wat my vordering op die Leanda ❤️ LowCarb-Whatsappgroepie volg, weet dat ek in Rondte 1 (van 6 weke) 'n totaal van 12,5kg verloor het - wat 'n uitstekende weeklikse gemiddeld van 2.08kg per week is. Dié van julle wat nog nie by die groepie aangesluit het nie, hier is die link: https://chat.whatsapp.com/IGoQBytcY90Hsw8wHDY1IO


 

Die Somerlyfie Beginners Pakket is een van die beste en mees suksesvolste maniere om suksesvol gewig te verloor, want dit gee jou basies 'n "all in one" van alles wat jy nodig het, plus 'n magdom ekstra's! En SPAAR NOU deur die Pakket aan te koop en spring die PRYSVERHOGING op 1 September 2024 vry! Al wat dit vat is drie weke, en binne drie weke sal jy 'n paar kilogramme afskud en tonne energie bykry. Die Pakket is spesiaal saamgestel uit jare se LowCarb ondervinding en coaching, en help jou om die oorgang vanaf 'n HighCarb na LowCarb Dieet so maklik as moontlik te maak.

 Die LowCarb Somerpakket sluit in:

☀️ DRIE WEKE LowCarb BOOTCAMP MENU, met 'n volledige uiteensetting van hoe LowCarb werk, die Groen Lys, Belangrikheid van Water, Positiewe en Negatiewe dinge van LowCarb en my spesiale Oorlewingsgids vir die eerste week. PLUS 'n volledige DRIE WEKE-Spyskaart met etes vir Ontbyt, Middagete en Aandete, met die Net Carbs reeds uitgewerk. Resepte vir hierdie plan is gekies om kook-en-baktyd in die kombuis te verminder. Jy kry ook 'n Happie/Snacks dokument met geskikte happies vir tussenin-peusel.

☀️ SOMER LowCarb vir Lewe eTydskrif - propvol belangrike wenke en interessante artikels oor LowCarb Somer, plus die heerlikste resepte vir die warmer dae.

☀️ LowCarb SLAAIE Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Slaai-Resepte, plus voedingsanalises en info oor slaai-groente.

☀️ LowCarb GROENTE Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Groente/Bykosse-Resepte (ideaal vir saam met braai of vakansie hou), plus voedingsanalises en info oor LowCarbtoelaatbare groente.

☀️ LowCarb SMOOTHIES Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Smoothie-Resepte vir vinnige etes. 

☀️ LowCarb BESSIES Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Bessie-Resepte, plus voedingsanalises en info oor bessies - omdat Somertyd Bessietyd is!

☀️ LowCarb Skokterapie Dokument - Skok vir 3-5  dae NA jou Drie-Weke BootCamp vir MAKSIMUM gewigsverlies.

☀️ Oefenblaaie - Oefenlaaie met oefeninge vir 'n plat magie, stywe boudjies, ferm arms en dunner bobene, plus hoe om met 'n stapprogram te begin.

☀️ Ekstra's Mates & Gewig Infoblad, Gewigsverlies-Rekord, Dieet Dagboek en Dagbeplanner.

Hierdie kompakte pakket verskaf alles wat jy nodig het om jou leefstyl te verander tydens hierdie warmer dae, en jou gewig en gesondheid te verbeter! Bestel jou kopie nou - daar is nooit 'n beter tyd as nou nie!

 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp