Die LowCarb Kombuis se
2024 November Specials
Die LowCarb VLEISBOEK
en Die LowCarb BACON-BOEK BONDEL
Vir meer 2024 November Specials (en nog Gratis Resepte), volg die Whatsapp-Groep:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79
Die LowCarb Vleisboek
Een van Die LowCarb Kombuis se gewildste publikasies - die Vleisboek is gewild by almal wat van vleis hou en nie altyd weet wat om daarmee te maak nie. Die Vleisboek behandel elke vleissoort met gaarmaakmetodes, tye en wenke (lugbraaier, kole, oond en so aan), plus 'n versameling van die lekkerste en vinnigste LowCarb Resepte met vleis - van Hoendersosaties tot Texan Steak, Vleispasteie tot Bredies. Elke Resep het 'n volledige voedingsanalise en pragtige volkleurfoto's is regdeur die boek versprei.
Die LowCarb Bacon-Boek
Jy kan verskoon word as jy dink dat al wat mens met bacon/spek kan maak, is saam met eiers of in souttert... Ek het ook so gedink tot ek aan hierdie boek begin werk het. Daar is Resepte vir alles van Ontbytgeregte, Plaatkoekies, Pannekoek, Broodjies, Sop, Groente en Slaaie, Hoofgeregte en Happies (soos Bacon Chips, Sushi en Blatjang). Elke Resep het 'n volledige voedingsanalise en pragtige volkleurfoto's is regdeur die boek versprei.