AARBEIE 🍓 LowCarb Superkos
©️ Léanda C Retief
Aarbeie, soos ons dit ken, is nie 'n "suiwer vrug" nie, maar die produk van kruisteling - en nog interessanter, dit vorm deel van die roos familie. Die aarbei (of ook bekend as "garden strawberry)" is vir die eerste keer in Brittany, Frankryk gekweek in die 1750s en was die gevolg van 'n kruising tussen Fragaria virginiana (van Noord-Amerika) en Fragaria chiloensis (van Suid-Amerika). Hierdie aarbei is Fragaria × ananassa genoem en is ook dan die aarbei wat vandag wereldwyd gekweek word as vrug. Wilde aarbeie, daarteenoor, is al vir baie jare met ons - Koning Charles V van Frankryk (1364-138) het 1200 wilde aarbei plante in sy tuin gehad. En dit gaan selfs verder terug - in Romeinse literatuur word wilde aarbeie genoem vir hulle medisinale eienskappe.
Vanuit 'n botaniese oogpunt, is 'n aarbei nie tegnies 'n bessie nie, maar 'n vrug. (Dis 'n lang en ingewikkelde verduideliking, maar dis basies omdat elke "saadjie" aan de buitekant van 'n aarbei, deur botaniste as 'n aparte vrug beskou word.)
In 2017 is daar 9,2 miljoen aarbeie wereldwyd gekweek, en China was verantwoordelik vir 40% daarvan.
Aarbeie is by verre die mees algemeen beskikbare bessie (wel, vrug), en ook die gunsteling by meeste mense. Dit is ‘n Groen Lys-vrugte omdat dit laag is in koolhidrate en hoog is in vesel. Een koppie aarbeie verskaf meer Vitamien C (150% van die voorgestelde daaglikse inname) as ‘n medium lemoen, met baie minder suiker en baie meer vesel. Aarbeie is ook ‘n uitstekende bron van folaat, potassium, kalium en manganese. Die antioksidante in aarbeie kan die groei van lewer- en slukdermkanker stop. Navorsing bewys dat die antioksidante in aarbeie kan help om die brein te beskerm teen agteruitgang, veral as gevolg van ouderdom. En interessant genoeg, bevat aarbeie ook omega 3-vetsure, wat ook algemeen bekend is as ‘n goeie voedingstof vir breingesondheid. Aarbeie bevat geen sout, min vet en geen cholesterol.
Seisoentyd in Suid-Afrika:
Middel September tot middel Desember
100g Aarbeie bevat:
34kJ * Fat 0.3g * Protein 0.7g *
Total Carbs 7.68g * Net Carbs 5.68g