LowCarb 101 🍅 DIE BEGINSELS VAN LOWCARB
©️ Leanda C Retief
Om ‘n LowCarb Leefstyl suksesvol te volg, moet jy die Beginsels van LowCarb ken.
Hierdie is die belangrikste beginsels van ‘n LowCarb Dieet:
1. Positiewe Koolhidrate is daardie koolhidrate waarvan jy gereeld op 'n LowCarb Dieete moet eet. Dit sluit in sekere groente, blaar- of slaaigroente, vleis, vis en seekos, eiers, room, kaas en neute. Sommige soorte vrugte word ook toegelaat, soos bessies en suurlemoen. Positiewe Koolhidrate beteken ook geen verwerkte of vervaardigde kosse.
2. Negatiewe Koolhidrate is daardie koolhidrate wat jy soveel as moontlik op ‘n LowCarb Dieet moet vermy. Dit sluit in alle verwerkte en kitskosse. Geen meel en meelprodukte. Geen koek, koekies, brood, pasta of ontbytpap. Geen suiker of enige kosse wat suiker bevat, insluitend sekere soorte vrugte wat baie hoog in vrugtesuiker/fruktose is. Geen gaskoeldrank, lekkers, sjokolade. Dit sluit ook sekere soorte groente in wat baie hoog in koolhidrate is, soos aartappels, ertjies, mielies, patat en wortels.
3. ALLE groente en vrugte bevat koolhidrate – dit is net die hoeveelheid koohidrate wat wissel. Blaarslaai is byvoorbeeld baie laer in koolhidrate as tamaties, en tamaties is baie laer in koolhidrate as patats. Ons vermy sekere soorte groente omdat dit te hoog is in suiker/koolhidrate, lank neem om te verteer en ‘n negatiewe uitwerking op bloedsuikervlakke het. Die reël is dat alle groente wat onder die grond groei vermy moet word.
4. Net Carbs is daardie Koolhidrate wat oorbly nadat die VESEL van die TOTALE KOOLHIDRATE afgetrek is. Dit is belangrik, aangesien vesel nie enige koolhidrate bevat nie, dit nie enige invloed op die bloedsuikervlakke het nie en ook nie gewigstoename kan veroorsaak nie. Jy sal dus nie gewig optel as jy vesel eet. Onthou dus hierdie formule:
Total Carbs - Fibre = NET CARBS
5. ‘n LowCarb Dieet berus daarop dat ons ons daaglikse inname van Net Carbs verminder (na ongeveer 20-50g per dag) om gewig te verloor. Presies hoeveel Net Carbs jy per dag moet inneem, sal afhang van hoe oorgewig jy is, hoe aktief jy is en jou spesifieke leefstyl en gewoontes.
6. Jou liggaam kan SLEGS koolhidrate of vet of alkohol op ‘n slag verbrand vir energie. As jy dus jou koolhidraat-inname verminder (in die afwesigheid van alkohol, gaan jou liggaam die vette wat jy inneem verbrand. Maar jou liggaam gaan ook jou gestoorde liggaamsvet verbrand, en dit is die rede waarom mense so goed gewig verloor op ‘n LowCarb Dieet.
Het jy Geweet?
Die gemiddelde persoon neem tot 300 g Net Carbs per dag in! Dit beteken dat wannee jy jou Net Carb-inname tot 50g per dag verminder, jy nie anders kan as om gewig te verloor nie!
💕 Sluit aan by ons LowCarb met Leanda Whatsapp Inligting/Wenkegroep:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx