Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PROTEIENE - VLEIS (LowCarb 101 - Toelaatbare LowCarb Kosse)

PROTEIENE - VLEIS (LowCarb 101 - Toelaatbare LowCarb Kosse) picture

PROTEIENE - VLEIS
LowCarb 101 - Toelaatbare LowCarb Kosse
©️ Léanda C Retief

Op 'n LowCarb Dieet kan ons die meeste tipes proteien eet - met hier en daar 'n uitsondering. Ons kyk eerste na die verskillende tipes vleis, en wat toelaatbaar is en wat nie.

VLEIS
Alle Suiwer Onverwerkte Vleis Word Toegelaat
* Bees – byvoorbeeld Maalvleis, Steak, Wors, Biltong
* Skaap – byvoorbeeld Tjops, Skaapboud
* Vark – byvoorbeeld Varknek, Spek, Tjops
* Pluimee – byvoorbeeld Hoender, Eend, Kalkoen, Turducken, Volstruis
* Wildsvleis
* Afval - Harte, Niertjies, Lewers, Nekke, Pootjies
* Alle Onverwerkte Deli-Vleis Word Toegelaat
Parma Ham, Cottage Ham, Cooked Ham, Salami, Pastrami, Roast Beef, Chorizo, sommige tipes Weense Worsies, Russians en Cheese Grillers.

Let op die volgende:
* Wors en droë wors word toegelaat, mits dit geen koolhidraat-vullers bevat nie. Dit beteken dat jy op die verpakking moet kyk wat in die wors is en dat dit nie koolhidrate bevat nie.
* Maak seker dat biltong nie speserye met suiker bevat nie.
* Wees versigtig vir spek – kies spek wat nie met suiker gekuur is nie en nitraat-vrye spek. Kyk op die etiket vir die soort met die minste koolhidrate, sommige vervaardigers gebruik suiker as ‘n curing agent en dit verhoog die koolhidraat-inhoud van die spek.
* Deli-vleise kan problematies wees, aangesien baie daarvan koolhidrate in een of ander mate bevat. Lees altyd die verpakking en kies die een met die minste koolhidrate - as 'n reël moet dit nie meer as 1g koolhidrate per 100g porsie bevat nie.

VERBODE VLEIS:
Geen kouevleis met koolhidraat-vullers, soos viannas, polonies, lunch loaf of russians.
Geen vleis wat in krummels (soos brood of graanvlokkies) bedek is nie. Jy mag wel jou eie krummels van amandel/klappermeel (of selfs varkvelletjies/pork rinds) maak om vleis mee te bedek voor dit gaargemaak word.

💕 Hierdie kort inligtingstuk gee 'n basiese inleiding tot die toelaatbare kosse vir 'n LowCarb Dieet. Vir meer inligting oor die dieet, hoeveelhede wat jy mag inneem en koolhidraat-inhoud van die verskillende kosse - asook voorbeeld Spyskaarte en Resepte - kan jy gerus na die LowCarb KITS-GIDS loer. Vir meer inligting, volg hierdie skakel:
 

Share on
Click here to contact us on WhatsApp